Laerskool Vryheidsmonument

School & Education
1220
https://vaalio.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/943/Laerskool_Vryheidsmonument-1603361188.jpg
Address: 1 Coen Brits Street, Duncanville, Vanderbijlpark, 1911, Sedibeng, South Africa
Phone: 0164281043
Fax: 0164285185
  • Business Details
  • Map

Laerskool Vryheidsmonument het 'n statige geskiedenis en is amptelik ingewy op 19 April 1958 deur die Direkteur van Onderwys. Sedert hierdie datum beur die skool met trots "Vorentoe", wat ook ons skool se leuse is. Die skool was eers bekend as Duncanville Skool. In die 53 jaar van die skool se bestaansjaar is daar baie suksesvol deur die transformasieprosesse en beweeg en spog ons skool met 'n uiters kundige personeel wat hulself al oor en oor bewys het. Ons puik ouergemeenskap ondersteun die skool op alle vlakke, en saam bou ons, met 'n positiewe gesindheid, verder aan ons skool, tot voordeel van ons leerders. Die woorde en musiek van die skoollied is gekomponeer deur Olaf Anderson. Die skool se naam is in 1965 verander na Laerskool Vryheidsmonument. Gedurende Oktober 1969 word Mnr. J.P.D. Maree die tweede permanente skoolhoof, en gedurende April 1992 word Mnr. H. Groenewald die derde permanente skoolkhoof. In die jaar 2000 word ons huidige hoof, Me. Gerda Strauss aangestel as hoof by die skool en ons Monnies is sommer baie lief vir haar. Sy is ook die eerste Vroue hoof van die skool.

Who is online

We have 423 guests and no members online