Laerskool Kollagepark
- Website: http://www.kollegepark.co.za
Die skool wat aanvanklik bekend gestaan het as Laerskool SE 7, het sy ontstaan in 1977 gehad in die geboue van Laerskool Frikkie Meyer en Ho?rskool Vanderbijlpark. Op 10 Januarie 1978 het die skool met 680 leerlinge in die huidige skoolgebou begin. Die terrein was totaal onontwikkel en na oorhandiging van die gebou is daar begin met die ontwikkeling van die terrein. Vanaf Januarie 1979 het die skool amptelik bekend gestaan as Laerskool Kollegepark. Die amptelike inwyding het plaasgevind op 31 Augustus 1979 deur 'n voormalige Direkteur van Onderwys, Prof dr JH Jooste.
Laerskool Kollagepark
School & Education