Hoërskool Overvaal

Oorwin deur Kennis
349
https://vaalio.co.za/media/com_jbusinessdirectory/pictures/companies/0/Overvaal-1655108754.jpg
Address: 7 Reynolds Street, Vereeniging, 1929, Sedibeng, South Africa
Phone: 016 429 1792
Email:
  • Business Details
  • Map
 

Ons leuse / Tema vir 2022 is: Ons Gee Om!

 

| Welkom by die “Valie familie”, waar ons soms na onsself verwys as Hoërskool Overvaal. By die Valies help ons elke kind om sy talente ten volle te ontwikkel, deur hande te vat met die beheerliggaam, die ouergemeenskap en onderwysers. Dis een reuse spanpoging en die sukses hiervan is duidelik sigbaar in ons akademie-, sport- en kultuurprestasies.

| Ons ondersteun die beginsel van dinamiese onderwys om te voldoen aan die eise van die breё gemeenskap, arbeidsektor en tersiêre inrigtings. Ons wil in hierdie snel veranderende wêreld die leerder met die nodige kennis en lewensvaardighede toerus sodat hy na sy skoolloopbaan, die wêreld kan betree met selfvertroue as potensiële produktiewe lid van die samelewing.

| Geanker in ons etos glo ons dat die Heilige Skrif die wil van God volkome bevat, en alles wat die mens benodig om tot eer van God te ontwikkel en te lewe voldoende daarin verwoord word. Ons onderskryf dus Christelike gefundeerde onderrig.

| Onderrig vind plaas in Afrikaans (ons moedertaal) , want ons is trots Afrikaans en trots Suid-Afrikaans.

| Dis na aan ons hart om by die leerder ‘n blywende en waardige trots, liefde en respek vir ons eie tradisies en gebruike te kweek.

| Ons glo in dissipline en in balans en daarom is aspekte soos kultuur, sport en akademie vir ons ewe belangrik.

Who is online

We have 137 guests and no members online